Gedagte vir die dag: Gee my krag

hande-tevrede.jpgOns wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. (2 Kor 4:7)

Het jy al die vreugde ervaar wanneer God sy krag vir jou gee? Jy lê die aand op jou bed en jy dink: “Waar het ek daardie woorde vandaan gekry? Dit was amazing. Hoe het ek geweet om daardie ou vandag te bel? Hoe het ek geweet om vandag daardie SMS te stuur? Hoe?” Die antwoord op al hierdie vrae is natuurlik dat dit God se krag was wat deur jou gewerk het.

God se krag werk op verskeie maniere in ons lewe. Dit gee ons die krag om dinge te doen om ander op hulle geloofspad te help. En dan gee dit ons krag om self te volhard op ons lewenspad. Ons is maar van nature swak en sondig, en kan min doen sonder sy krag in ons lewe. En die beste van alles is dat hierdie krag elke oomblik van die dag vir ons beskikbaar is. Dink daaraan – die krag van die God wat die heelal geskep het, is daar vir jou. Dis amazing. 

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.