Gedagte vir die dag: Geniet jou werk

Argieffoto (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

“Werk hard en probeer dit geniet. Doen wat jou hand vind om te doen” (Prediker 9:10).

Skrifgedeelte
Galasiërs 5:25

Oordenking
Ons werk kan ons by tye nogal vang! Om elke oggend met ʼn lied in die hart uit die vere te spring en opgewonde te wees oor dit wat ons vandag gaan doen, is darem seker nie realisties nie. Ons werk stel by tye uitdagende eise aan ons, die roetine kan ons onderkry en ons word mos ook moeg en dalk moedeloos. Om van tyd tot tyd jou werk te verwens is dalk normaal, maar wanneer jy permanent negatief voel oor jou dagtaak en die omgewing waarin jy werk, het dit tyd geword om selfondersoek te doen.

Vra jouself waarom jou werk vir jou so ʼn kruis is. Is dit omdat jy nie by die regte plek is nie, die mense jou onderkry, jy eenvoudig net nie doen wat vir jou lekker is nie of omdat jy moeg en uitgeput is? Net jy kan jou unieke situasie ontleed en met die hulp van jou Gees-genoot by die regte antwoorde uitkom.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.