Gedagte vir die dag: Geniet sy goedkeuring

Argieffoto (Foto: Akira Hojo/Unsplash)

“Al wat saak maak, is dat God met jou lewe tevrede is. Sy goedkeuring is al waarvoor jy moet leef” (2 Korintiërs 10:18).

Skrifgedeelte
2 Korintiërs 10:18

Oordenking
Een van die redes waarom ons onsself soms sal indoen om ander tevrede te stel, is omdat daar in elkeen van ons ʼn deel is wat na die goedkeuring van ander soek. Kom ons wees eerlik, ons wil graag hê dat ander van ons sal hou en ʼn goeie dunk van ons sal hê.

Nou sê die Woord vir ons iets anders. Dit sê al wat saak maak, is dat ons God se goedkeuring geniet. Is dit nie ʼn verligting nie? Die feit dat ons net aan Hóm verantwoording hoef te doen, neem sommer ʼn groot klomp spanning en selfopgelegde skuldgevoelens weg. Hou dus op om te probeer om almal tevrede te stel. As jy dit doen, is die kanse in elk geval goed dat jy niemand gaan beïndruk nie en ʼn immer-ongelukkige mens bly.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.