Gedagte vir die dag: Getrou aan Jesus

man-with-open-arms-705x335.jpg‘Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is.’ (Matteus 10:32–33)

Petrus het seker aan hierdie woorde gedink toe die haan die derde keer kraai en hy besef dat hy sy Vriend in die rug gesteek en Hom drie keer verloën het. Boonop het Jesus hom vooraf gewaarsku en toe het hy heftig beswaar gemaak en Hom verseker dat hy Hom nooit sal verloën nie.

Terwyl Petrus gesweer het dat hy Jesus nie ken nie, het hy nie besef waarmee hy besig was nie. Op daardie oomblik het hy aan homself en aan sy eie veiligheid gedink. Hy wou wegsmelt in die skare en soos een van hulle wees.

Is dit nie wat soms met ons gebeur nie? Dis maklik om te erken dat jy Jesus liefhet as jy in die geselskap van ander Christene is, maar wanneer jy in ’n kring beland wat dink Christene is belaglik en Jesus met Klaasvakie of die Tandemuis vergelyk, bly jy stil uit vrees dat jy vir eenvoudig en dom uitgekryt sal word. Soms wanneer onverskilliges sy Naam ydellik gebruik en met vieslike vloekwoorde meng, maak dit jou ore seer, maar jy het nie die moed om hulle te stop nie.

Jesus is bereid om berouvolle sondaars te vergewe en weer in sy vriendekring op te neem. Hy het Petrus vergewe, die Heilige Gees oor hom uitgestort, hom met insig en welsprekendheid geseën, as een van die twaalf apostels aangestel en die sleutels van die hemelpoort aan hom toevertrou. Lank voor daardie ongelukkige dag het Hy belowe dat Hy sy kerk op die rots – Petrus – sal bou. Toe het Hy geweet dat Petrus Hom eendag sou verloën, ook dat Petrus Hom ondanks sy swakheid liefhet, opregte berou sou toon en van daardie dag af voluit en vreesloos vir Hom sou leef.

Here Jesus, dankie vir tweede kanse.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andries ·

More
Maroela ek net baie dankie se dat ek jul gedagte vir die dag kry en is baie bly om dit te lees hier waar ek in Saudi is dit is rerig waarde vol en voeding vir die siel baie dankie
Groete
Andries

Rina Jacobs ·

Dit is nie omdat Christene belaglik is dat mens maar stilbly nie, maar omdat slegte Christene Christenskap ‘n slegte naam gegee het. Om deesdae te erken jy is ‘n Christen, is net so goed om te erken dat jy skelm is, en nie vertrou kan word nie.

Annette ·

Rina, in my lewe het ek nog nooit gehoor dat iemand bang is om te se hulle is n Christen nie. Ek is een en my hele familie glo in die drie enige God. Ek is nie skaam om dit te erken nie want Hy is nie skaam om my te ken nie. Deesdae het baie meer mense erken dat hulle Christene is want nou het ons hom nodig. Selfs die wat getwyfel het ( wat ek ken ) het nader beweeg aan Hom en glo in Jesus en vertrou op Hom. Skelms glo nie en daarom is dit twak om daai stelling te maak. As jy jou skaam vir hom is jy nie n Christen nie.

Rina Jacobs ·

Nee ek is nie skaam vir Hom nie Annette, ek is skaam om met Sy sogenaamde volgelinge geassosieer te word, wat niks soos Hy is nie. Hulle het oral ‘n slegte naam, almal weet, pasop maar vir die christen, veral in besigheid waar geld verduister kan word, en seksuele sake, waar kinders gemolesteer word en vroue deur die leraar se naeltjie die Heilige Gees ontvang, om maar net ‘n paar onlangse voorbeelde te noem.

E ·

Die reënboog na die reën is maar een bewys dat God bestaan, en niemand kan daarteen stry nie, dit is immers ń fisiese bewys van sy teenwoordigheid en beloftes vir ons vandag nog.
Die feit dat Hy nog elke dag vir ons sorg te midde van ekonomiese aagteruitgang.
En ja, dinge gaan nog erger word in die wêreld, maar Hy sorg vir ons.
Daar is niemand soos Jesus.

Elgeraine ·

Stem heeltemal saam met jou E. Jy het dit pragtig gestel!

Gert ·

Daar is altyd baie meer negatiewe dinge as positiewe wat ons gedagtes en tyd kan opneem as ons dit toelaat, as ons egter oorgee aan God (ek bedoel in jou hele wese) en luister na die Heilige gees in ons sal ons God se Vrede in ons ervaar en sal die negatiewe vervang word met positiewe denke. Dan kan ons ons genade gawes, die talente wat God ons gegee het tenvolle in werking stel en ‘n verskil maak in ons kerke en in die wereld om ons. Kom ons maak tyd in ons besige lewens elke dag vir ons drie enige God. Aleen tyd saam Hom moet preoriteit wees, die eerste ding as ons opstaan en ook die laaste voor ons gaan slaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.