Gedagte vir die dag: Glo in God

Argieffoto (Foto: Levi Bare/Unsplash)

“Glo in die Here Jesus,” het Paulus geantwoord. “Dan sal God jou red en as sy kind aanvaar.” (Handelinge 16:31)

Skrifgedeelte
Handelinge 16:31

Oordenking
Martin Luther het gesê daar is twee soorte geloof: eerstens geloof omtrent God, wat beteken dat ek alles glo wat oor God gesê word. Hierdie geloof is eerder ’n vorm van kennis as geloof. Daar is tweedens ’n geloof in God, wat beteken dat ek my volle vertroue in Hom plaas, my daartoe verbind om met Hom te praat, en sonder twyfel glo dat Hy sal wees en sal doen volgens al die dinge wat oor Hom gesê word. So ’n geloof werp homself op God, al is dit in die lewe of in die dood, en hierdie geloof maak ’n Christenmens.

Hoe glo jy? Glo jy met jou hele hart en siel daarin dat Christus vir jóú gesterf het en dat Hy jóú Verlosser is? Maak dit jou opgewonde om te weet dat Hy die lewende Here is wat jou onvoorwaardelik liefhet en jou sy kind wil noem?

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.