Gedagte vir die dag: Glo sonder voorbehoud

Argieffoto (Foto: Neom/Unsplash)

“Mense dink dalk dat die kruis en dit wat daar gebeur het nie sin maak nie. Dít is egter die manier waarop God besluit het om mense uit hul sonde na Hom toe terug te bring. Ek praat van mense wat God vertrou” (1 Korintiërs 1:21).

Skrifgedeelte
1 Korintiërs 1:21

Oordenking
Jy glo dat wanneer jy die kraan oopdraai, daar water sal uitkom; wanneer jy jou motor se petrolpedaal trap, dit sal beweeg; dat daar lig sal wees wanneer jy die skakelaar aansit en dat die mikrogolfoond die melk kan opwarm. Solly Ozrovech skryf: Ons ry sonder ondersoek oor brûe, in ons harte daarvan oortuig dat die brug nie onder ons sal inmekaarsak nie. Maar net sodra dit by God kom, het ons ʼn probleem met geloof!

Om te kan glo moet jy God met jou hele hart vertrou. Jy moet Hom op sy Woord neem, Hom aanvaar as dié Here wat jou kan red en elke dag met die oortuiging leef dat Hy vir alles in jou lewe sal voorsien.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat ek met my mens verstand U ten volle mag vertrou…Amen

Marietjie ·

Amen! Here help ons, deur ‘n vaste geloof in U, stroom op te swem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.