Gedagte vir die dag: God bewaar ons waar ons gaan

reenboog-dor-landskap-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

God laat jou voet nie struikel nie; Hy wat waak oor jou, slaap nie. Hy wat oor Israel waak, sal nooit sluimer of slaap nie. Die Here bewaar jou van alle kwaad en Hy beskerm jou lewe. Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd. (Psalm 121:3-4, 7-8)

’n Doelwagter kan nie sy of haar oog van die bal af haal nie, want dan teken die ander span dalk ’n doel aan. ’n Dokter kan nie met toe oë ’n operasie uitvoer nie. ’n Kunstenaar kan nie ’n skildery verf sonder om na die skilderdoek te kyk nie. Ons almal bly wakker en paraat wanneer ons met iets besig is sodat ons dit bevredigend  kan afhandel.

Elke mens is baie meer werd as ’n sokkerwedstryd of ’n skildery. Ons is die Here se kosbare skat en Hy kyk nie vir ’n oomblik van ons af weg nie. Hy weet wanneer jy bang of hartseer is. Hy weet wanneer jy alleen of moeg of bly of opgewonde voel. Hy ken elkeen van jou gedagtes.

Hy waak oor jou omdat Hy jou liefhet. As jy jouself in sy hande oorgee, kan jy op Hom vertrou om jou elke oomblik te versorg.

Here, dankie dat U ons oppas en ons veilig hou in u liefde. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.