Gedagte vir die dag: God is die enigste

Psalm 46:11 – Wees stil en weet Ek is God. Ek regeer oor nasies, oor die hele aarde. Elke mens sal erken dat ek die belangrikste is. Niks en niemand is en kan so belangrik wees soos Ek nie.

Ons leef in ʼn vinnige hoë tempo-wêreld met baie hoë vlakke van geraas. As jy werklik stilte soek, gaan jy ver en diep moet soek. Oral is daar radio’s, TV’s en mense wat geraas maak. Daar is ook baie redes hoekom mense so geraas maak: luister na musiek, skreeu van vreugde, gesels land en sand met mekaar en vele ander redes. Daar is min dinge wat ʼn mens skil maak – werklik laat soek na stilte. Die Psalm sê juis vir ons God is die moeite werd om oor doodgewoon doodstil te raak en te wees. Dink in stilte na oor wie Hy werklik is. Oordink wie Hy is en wat Hy doen. Dit is genoeg om jou stom te slaan. Dit is genoeg om jou in stille verwondering te kry. Daarom, maak elke dag tyd vir stilte sodat jy God net kan bewonder. Skep geleenthede, soos in die veld en by die see, waar jy net die stilte of die geraas van die natuur kan beleef om God se grootheid en goedheid te bewonder en te waardeer. In hierdie gejaagde en luidrugtige wêreld moet ek en jy moeite doen om tye van stilte te skep sodat ons werklik kontak met God kan maak en Hom kan waardeer en bewonder.

Gebed: Here, U grootheid en goedheid dwing my tot stilte. Ek is in stille verwondering oor wie U is en wat U vir my doen.

God se wese is so onbegryplik groot dat ons sintuie sy majesteit nie ten volle kan waarneem nie. – Johannes Calvyn

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-’n-dag waardeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.