Gedagte vir die dag: God doen steeds wonderwerke

wonderwerkPsalm 105:26,27 – Die Here het toe vir Moses, sy dienskneg, gestuur, ook vir Aäron wat Hy self uitgekies het. Hulle het groot wonderwerke gedoen. Daar in Gam se land het hulle vir die Egiptenaars gewys hoe sterk die Here is.
In die tyd van Moses en Aäron het daar baie wonderwerke gebeur. Ek dink nou sommer aan die kierie wat ʼn slang geword toe die kierie die grond tref. Ek dink aan die see wat skei sodat die Israeliete veilig op droë grond daardeur kan vlug. Ek dink aan paddas en muskiete as deel van die tien plae toe Farao moeilik was en die Israeliete nie wou laat gaan nie. Iemand wat vandag dink dat wonderwerke nie meer gebeur nie gaan dalk ietwat toe oë deur die lewe. Net die afgelope twee weke terwyl ek hier skryf, het ek die verhaal gevolg van ʼn tweejarige seuntjie wat in ʼn swembad geval en volmaak herstel het. Daar is die verhale na natuurrampe van mense wat dae na die rampe nog lewend uit die puin gehaal word. Kyk vir ʼn oomblik om jou en sien wonderwerk op wonderwerk raak. Word gekonfronteer met mense wat ernstig siek is en kom agter dat jou gesondheid niks anders as ʼn wonderwerk is nie. Waardeer die wonderwerk van die natuurskoon. Waardeer elke asemteug. Waardeer die feit dat jy kan lewe. God is ʼn God van wonderwerke: gister, vandag en ook môre.

Moenie so maklik hoop verloor nie. Selfs die son beleef aan die einde van die dag ʼn insinking, maar elke môre skyn hy weer met nuwe prag. – Miguel de Cervantes

Gebed: Here, U is gister, vandag en môre presies dieselfde God. Ek loof U as die God van wonderwerke!

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.