Gedagte vir die dag: God gee om vir jou

seënPsalm 144:3,4 – Here, wat is ʼn mens dat U U aan hom steur? Die mens is soos ʼn skaduwee. Sy lewe is nie lank nie.

Dink ʼn bietjie oor die volgende scenario: Jy word wakker die oggend van jou verjaarsdag. Jou vrou of man en die kinders gaan aan soos gewoonlik. Niemand sê vir jou geluk nie en toe jy jou oë uitvee, ry jy werk toe sonder enige gelukwensinge of opgewonde singery. By die werk gaan almal aan of dit ʼn doodgewone dag is. Jou foon lui nie een keer nie. Dis asof jy ʼn vergete persoon is. Nie ʼn lekker prentjie nie! Ja, dit is ietwat ekstreem, maar soms is daar tog tye in ʼn mens se lewe wat jy bietjie alleen of eensaam voel. Daar is tog tye wat jy voel dat jy nie die liefde ontvang wat jy so nodig het nie. Die een waarheid wat jy egter kan weet en altyd aan kan vashou, is die feit dat God altyd daar is vir jou. Hy steur Hom verseker aan jou. Jy is vir Hom baie belangrik. Ja, elke mens word in die lewe gekonfronteer met uitdagings en die hantering van allerlei moeilikhede. Elke mens kom voor uitdagings te staan waar jy ander se nabyheid en ondersteuning en liefde nodig het. Jy moet leer om heel eerste stil te word by God, jou Vader. Hy steur Hom aan jou. Hy stel belang in jou. Ervaar sy arms om jou voordat jy aangaan. Ontvang sy liefde en vrede, want Hy gee werklik vir jou om.

Miskien sal ons die omvang van God se liefde vir ons vaagweg verstaan, as jy dit vergelyk met die Amasonerivier wat een madeliefie wil natlei. – FB Meyer

Gebed: Here, dankie dat U vir my omgee. Dankie dat U werklik belangstel in elke ding wat ek doen en elke tree wat ek gee.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.