Gedagte vir die dag: God help jou altyd

Psalm 69:15-17 – Help my uit die gemors, Here! Moenie dat ek ondergaan nie. Laat my wegkom van die mense wat my haat. Moenie dat die water oor my gaan nie. Gee dat probleme my nie onderkry nie. Ek wil nie doodgaan nie. Help my, Here, want U is baie lief en goed vir my. Vou my toe in u groot liefde. Ontferm U oor my.

Jy gaan verseker met die volgende kan identifiseer: Soms voel die lewe net te veel. Daar is soveel wat soveel dinge van jou verwag. Dit plaas oneindige druk op jou. Dan is daar nog goed wat breek en verhoudings met mense wat nie altyd is wat dit kan wees nie. Jy beleef sommer die lewe as een groot gemors. Waarnatoe draai jy vir hulp en uitkoms? Dis presies wat Dawid vir ons in die Psalm beskryf. Dinge is net too much. Hy weet nie meer waarnatoe nie. Hy voel die druk en hy voel deurmekaar. Daar is mense en omstandighede wat besig is om hom onder te kry. Hy weet uit ervaring waarnatoe om te vlug. Hy draai in hierdie oomblikke na die Here en vra Hom vir hulp. Hy probeer nie eers self uit die ding kom nie. Nee, hy draai na God. Sy behoefte is om veilig te voel. Daar is net een iemand wat dit kan doen en dit is God. Daarom vra hy dat God hom sal toedraai in sy Groot liefde. Daar is jy veilig en daar is uitkoms en antwoorde.
Tye is maar sleg, maar God is goed. – Richard Sibbes

Gebed: Here, dankie dat ek na U kan vlug en vra dat U my asseblief in U liefde sal toevou. Beskerm my asseblief, Here. Bring vir my uitkoms.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.