Gedagte vir die dag: God hou jou vas

gods-window.jpg

Foto: God’s Window, Mpumalanga

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou. (Jes 41:10, 13)

Bang en bekommerd – hoe goed ken ons nie dié twee woorde nie! Ons vrees die dinge wat ons lewens bedreig en ons is bekommerd oor die dinge wat ons toekoms in gevaar stel. In bei de gevalle gaan dit oor goed waaroor ons nie beheer het nie. Ons weet nie hoe om dit te hanteer nie. Die kommerplooie word al sterker afgeëts en die veiligheidsheinings word al hoër. Is dit hoe God wil hê ons moet lewe?

Nee, ek is seker daarvan dat God nie wil hê ons moet ons kosbare lewenstyd in vrees en bewing deurbring nie. Hy wil ook nie hê dat ons ons mateloos bekommer oor dinge waaraan ons niks kan doen nie. Ek glo ook dat God wel ons vrese en kommer verstaan. Hy weet ons bly in ’n sondebesoedelde wêreld en dat ons dikwels met die nare gevolge van sonde gekonfronteer word. En juis daarom kom Hy met groot deernis en omgee ons van sy beskermende teenwoordigheid verseker.

Moenie bang wees nie. God hou jou vas! Kan jy vandag ’n beter waarborg teen die vreesaanjaende en kommerwekkende dinge kry wat jou lewe so versuur? God bied sy hulp aan. Hy wil jou help en jou met nuwe krag toerus. Al wat jy moet doen, is om jou in God se omhelsing tuis te maak. Doen wat die digter van Psalm 37 voorstel: “laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg” (v 5).

Moenie bang wees nie. God hou jou vas!

Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Esme ·

Dankie Almal wat die boodskap moontlik maak vir ons om te lees wat is beter om jou dag te begin met so n mooi boodskap laat ons Jubel en God prys Hy laat ons nooit alleen nie Amen

Anoniem ·

Loof en prys Hom ten alle tye. Ook in tye van pyn en lyding en vreugde.
Net God sal ons bewaar van die bose magte wat rondloop en verslind wat in hulle pad kom.
Amen.

Hanno Visagie ·

Beste Maroela,
`Doodbang politieke korrektheid beskerm haka-sirkus’
Maroela verwyder telkens my volgende kommentaar:-
Die Haka is ‘n opvoering van mensvreter-demonebesetenheid wat geen weergebore Christusdissipel kan goedpraat nie, soos ook met opvoerings voor rugbywedstryde deur sangomas, imbongi’s of krygers.
Ek is ook ‘n rugby-ondersteuner, maar is die Rugby-Mammon dan ook op Maroela bo Christus verhewe?
Groete. Hanno Visagie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.