Gedagte vir die dag: God hou van my

Argieffoto (Foto: Nathan Dumlao/Unsplash)

“Ons glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus verlos word – en dit geld ook vir daardie mense” (Handelinge 15:11).

Skrifgedeelte
Handelinge 15:11

Oordenking
God skuld ons niks. Hy is nie in ons diens nie. Wat kan ons in elk geval doen dat Hy ons iets daarvoor sal moet terugbetaal? Paulus sê in Romeine 11 dat God nie van ons hou oor wie ons is nie, Hy hou van ons ten spyte van wie ons is. Dit is genade, die tipe genade waarna Paulus in Romeine 5 verwys: Christus het vir ons, die goddeloses, kom sterf (v. 6).

God het dus sy liefde aan ons bewys toe Christus vir ons gesterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was (v. 8). En “as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie” (v. 10).

God se liefde sê baie meer oor Hom as wat dit iets oor ons sê. Hy skuld ons niks, Hy het ons lief omdat Hy God is en Hy skenk ons elke dag sy genade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.