Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! (Num 6:24-26)
God is altyd beskikbaar. Hy is nou hier en ek moenie vrees nie, want God is lief vir my en by my. Moenie vrees nie, want God is altyd vir jou beskikbaar.
Numeri 6 is ’n belofte van die Here vir elkeen van ons. Ons moet hierdie gebed in ons lewe inoefen. As jy hierdie gebed daagliks jou eie maak, sal God by jou wees. Oordink hierdie gebed wanneer en waar jy ook al kan. Sit dit op ’n plek waar jy dit altyd kan sien. Glo die belofte dat Hy by jou is en lief is vir jou. Maak hierdie belofte jou eie en raak op hierdie manier vry van vrees, onsekerhede en twyfelgedagtes.
Ek weet nie van jou nie, maar ek wil dit hê. Ek wil ’n gesonde geestelike hart hê en die Here se beloftes vir my my eie maak.
Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy