Gedagte vir die dag: God is jou Vader

Psalm 27:10 – Selfs al wil my ma en pa niks met my te doen hê nie, sal die Here self vir my sorg.

Ons leef in Suid-Afrika met baie uitdagings. Daar is letterlik honderde duisende weeskinders as gevolg van die vigs-krisis. Daar is ook baie weeskinders omdat hul ouers hulle doodgewoon nie kan versorg nie. Dit is hartseer en absoluut tragies. Daar is egter ook kinders wat deur hulle ouers verwerp en verstoot word. Daar is min dinge so erg soos verwerping, maar niks so traumaties as om deur jou eie ouers verstoot te word nie. God sê oor Homself dat Hy self in so ʼn situasie ʼn antwoord het. Ja, Hy is weereens die antwoord – Hy word die pa van die weeskinders en Hy word die pa van elkeen wat verwerp of verstoot word. Self in jou ergste trauma is God daar. Hy sal jou nooit verstoot nie. Jy kan dag en nag en in jou goeie en slegste tye weet God is daar vir jou. Hy hou jou vas. Hy is jou hemelse Vader wat jou deur die dra wanneer jy dit nodig het. Hy is die Vertrooster wat jou troos in jou tye van seer en swaarkry. Jy is sy kind – deur Jesus is die aannemingsproses lankal afgehandel. Het jy Hom al jou Pa gemaak?

Gebed: Here, dankie dat ek in my diepste pyn en seer na U kan draai as my Vader. Dankie dat U my as u kind aangeneem het.

Jesus het nie aan die kruis uitgeroep: “ My God, my God, nou sien Ek U in u heerlikheid!” nie. Nee, Hy het die woorde uitgekreet wat ek en jy – juis daarom – nooit, nooit hoef te roep nie: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”
– Piet Naude

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.