Gedagte vir die dag: God ken jou

mense-op-strand-sonsondergang.jpgOf ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. (Ps 139:2)

Die Here ken jou, Hy sien vir my en jou waar ons ook al is. Hy wil ’n verhouding met ons hê. Hy kan ons tot in ons diepste wese genees. Sy koninkryk kan aan jou lewe betekenis gee. Hy kan ons help om nie sinlose dinge in die lewe na te jaag nie. Hy ontmoet ons presies waar ons nou is.

Toe ek eendag hierdie oefening doen om net stil te wees en vir my siel te wag, ontdek ek dit is dáár waar al die psalms wat Dawid geskryf het hulle ontstaan het. Dit is dáár waar jy stil word en met jou siel ontmoet, en jy sien dat net God jou siel kan bevredig, en dat jy nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat Hy in jou siel in blaas.

Maak jou lewe oop en laat God toe om jou hart aan te raak en Syne te maak. 

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.