Gedagte vir die dag: God maak nie onderskeid nie

kneel-before-the-crossHand 10:44 – Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het.

“Ek het vas besluit. Moenie my met feite verwar nie,” het ‘n sekere politikus glo gesê. En dit is helaas ook waar van baie van ons. Dit is moeilik om ons vooroordele te oorwin en te erken dat die feite dit nie ondersteun nie. Waar ons ook al vandag gaan beweeg, gaan ons vooroordele in ‘n groot mate ons optrede bepaal.

Vir Petrus en sy ses metgeselle was dit nie maklik om van hulle vooropgestelde idees af te sien nie. Hulle was oortuig dat die evangelie net vir mense van Joodse afkoms bedoel is, al het Jesus en die hele Ou Testament dikwels van “alle nasies” gepraat. Die Here moes dus van skoktaktiek gebruik maak om hulle tot ander insigte te bring. Ter wyl Petrus nog praat, val die Heilige Gees op die aanwesiges, en hulle begin in ander tale te praat, soos met die eerste dissipels gebeur het. En hierdie mense was nie eens gedoop nie! Petrus moes dus maar weer na sy eie idees kyk (Hand 2:38). God laat Hom nie bind deur ons idees nie. Die Heilige Gees wag nie eers tot ons gedoop is nie. Dit klink asof hierdie nuwe gelowiges in ongewone tale gepraat het, soos die Korintiërs, en nie in verstaanbare tale soos op Pinksterdag nie.

Maar vir ons wat nie Jode is nie, is dit wonderlike nuus. Die gawe van die Heilige Gees is vir alle gelowiges, van alle volke en tale, bedoel. Hy wil ons toerus om vandag in sy diens te staan. Kom ons gee ons aan Hom oor, sodat Hy ons kan vervul en kan toerus vir hierdie dag.

Gebed: “O Heilige Gees, ek gee myself aan U oor. Werk vandag in en deur my, sodat ek vir ander mense tot seën kan wees.”

Bron: Uit die Beek – Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Aster ·

God maak nie onderskeid nie!? Dit is seker die grootste leuen wat ek vandag gehoor het.

SY Offert ·

My nou toenou .Aster . Ja dis so goed jy het pas n stukkie BBC of CNN agter die blad (Clowns News Network) Ek het nie geweet van die deel van die webblad , tot vannoggend . Ja om te dink ons is maar net n nommer , aag nooit . Wat’s nou so goed daaraan . Maar hier sit ons nou met n ou ou boek wat dinge se soos ; Amo_3:2″ Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.” En doen Hy dit nie nou nie .ne ? Exodus_2:25″ En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.” Ag baie sulke gedeeltes , Ek se jou , by Hom , die spreekwoordelike “terms and conditions apply” As jy dan’ uitgekies word ne?

Aster ·

Wat sê jy nou eintlik? Hoekom sê jy nie jou sê reguit nie? Wat is nou eintlik jou punt? Dat jy eers vanoggend die webwerf ontdek het? Wat het dit nou met die prys van eiers uit te waai?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.