Gedagte vir die dag: God red

Argieffoto (Foto: Benjamin Voros/Unsplash)

“Red my uit die bek van die leeu, van die horings van wilde beeste. U het my gebed verhoor!” (Psalm 22:22)

Skrifgedeelte
Psalm 22:22 (NLV)

Oordenking
Selfs hier in Dawid se donkerste gedagtes is daar ’n ondertoon van geloof, want hy deel daardie donker gedagtes met God. Dis dalk deur sy praat-met-God dat sy geloof gegroei het, want op die laagtepunt breek geloof deur. Nou besef hy sy uitkoms is verseker.

Ons kan die krisis op twee maniere beleef. As ons sonder hoop is, voel dit of God weg is en of alles verlore is. Ons sien net die ergste uitkoms. Dan kan die besef egter weer in ons hart daag dat God steeds die saak onder beheer het, al lyk dinge hoe sleg. Daardie besef verander alles. Dan kry ons hoop – en Bybelse hoop is so ’n vaste en seker saak – en kry ons weer krag.

Gebed

Here, skakel weer die hoop in my hart aan – gee my weer krag! Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.