Gedagte vir die dag: God se belofte vir elke gesin

gesinPsalm 112:1,2 – Prys die Here! Die gelukkigste mense op aarde is hulle wat groot respek vir die Here het, wat met blydskap luister na alles wat die Here sê. Hulle nageslag is baie groot. Die Here se goedheid is by sulke mense oral waar hulle gaan.

Een van die grootste tragedies van vandag is dat gesinne op so ʼn groot skaal uitmekaarval. Daar is min huwelike wat nog waarlik blom en oorloop van geluk. Daar is daarom ook min kinders wat emosioneel veilig is en voel omdat so baie daarvan begin by pa en ma se kwaliteit van hulle huwelik. Gesinne sukkel vandag – en dis ʼn totale understatement. Dit terwyl gesinne vir God baie belangrik is. Enige gelukkige huwelik begin by die dien van die Here. Die huwelik is deur God ingestel. Man en vrou word deur God saamgevoeg. God moet dus die middelpunt wees van enige huwelik. As die kinders kom, geld dieselfde beginsel. God moet eerste gestel word en kinders moet grootgemaak word deur te leer van ʼn liefdevolle God. Die waarheid oor Jesus, die kruis en die leë graf moet aan kinders oorgedra word. Die gesin word op die manier die voertuig waardeur God se genade geleer en gedemonstreer word. God belowe dan ook vir gesinne waar dit gebeur sy seën op ouers en nageslag. God is getrou en Hy seën gesinne waar Hy eerste gestel word. Dit is wat ons land en wêreld vandag baie nodig het. So sal ons die verval in gesinne kan stuit.

Elke Christengesin is veronderstel om ʼn kerk in die kleine te wees, om hulle aan Christus toe te wy en volkome aan sy gesag te onderwerp. – Jonathan Edwards

Gebed: Here, dankie vir u getrouheid. Dankie vir u seën op gesinne wat U eer en volg. Here, ek kies om in my huwelik en in my gesin U eerste te stel.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Mag ons as ouers elke dag baie genade en krag ontvang om, so getrou menslik moontlik, ons gesinne aan God op te dra en aan sy gebooie getrou te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.