Gedagte vir die dag: God se getrouheid

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

“As jy begin twyfel, moet dan nie bang word nie. Dink dan terug aan wat die Here jou God met Egipte en die farao se weermag gedoen het. Jy het mos die krag van die Here daar in Egipte gesien” (Deuteronomium 7:17-19).

Skrifgedeelte
Deuteronomium 7:17-19

Oordenking
Daar is tye wanneer ons geloof met oortuiging blom. En dan is daar geloofs-verwelkdae: Tye wanneer jy aan sy liefde vir jou twyfel, sukkel om Hom volkome te vertrou en regtig net nie behoorlik kontak met Hom kan maak nie.

In sulke tye is dit belangrik om terug te kyk en te onthou hoe wonderlik dit was toe God jou uit jou lewe van sonde-slawerny gelei het en hoe getrou Hy jou deur al die woestyntye van jou lewe geneem het. Dink aan al die kere toe jy gewonder het waarheen jy moes gaan, en Hy jou gewys het; die dae toe jy om hulp geroep het en Hy sy kwartels en manna gestuur het en die kere toe Hy jou onverwags met ʼn fontein van lewende water bederf het.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here ek maak nie staat op my mens emosies nie…dit wissel waarskynlik van dag tot dag.. my vertroue is in U gevestig op my Rots en my Redder…. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.