Gedagte vir die dag: Groei in God


sonsopkomsSorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. (2 Pet 3:18)

Wanneer ’n mens groei in jou kennis van God, groei jy ook in selfontdekking. God openbaar Hom in jou en wanneer jy enigiets van God leer ken, begin jy outomaties ook iets oor jouself leer. Jy kan dus nie iets oor God ontdek sonder dat jy iets oor jouself ontdek nie.

Die groei wat plaasvind in jou lewe is ’n God-openbaring en ook ’n ek-openbaring. Hoe meer jy in God groei, hoe meer groei jy in jouself. Ek leer God ken, ek lees die Bybel en ek sien hierdie liefdevolle God. Hoe meer ek Hom sien as liefdevol, hoe meer sien ek my eie liefdeloosheid raak. Hoe meer ek myself met Hom vergelyk, hoe beter leer ken ek myself deur te sien in watter situasies ek nie liefhet soos wat God liefhet nie, en in watter situasies Hy my vergewe, maar ek ander nie vergewe nie.

Is jy ook besig om jouself beter te leer ken namate jy in God groei?

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rina Matthews ·

Ek se dit is Al wat ons oor het is om GOD TE VERTROU. Die mense stel ons teleur. Die gowerment die minister die polisie almal na wie ons na opsien om ons te beskerm. Dit doen hulle nie. Ons hoor, lees, tv, radio, alles net negatiewe nuus dit is die werklikheid maar so skokkend. Lekker daggie vir almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.