Gedagte vir die dag: Groei in jou geloof

Argieffoto (Foto: Pixabay)

“Luister daarom mooi na wat Ek vir julle sê: Die ewige lewe behoort aan daardie persoon wat ʼn persoonlike volgeling en vriend van My is. Want Ek is die brood wat lewe gee” (Johannes 6:47-48).

Skrifgedeelte
Johannes 6:47-48

Oordenking
Karl Barth het gesê: Voordat die vrug van die Heilige Gees in ons harte kan groei, moet die saad van geloof in ons harte ontkiem. Het geloof al in jou hart ontkiem? Meer spesifiek: Glo jy met oortuiging dat Jesus jou persoonlike Verlosser is en jou waarlik vrygemaak het? Het jy al sy genade aan jou aanvaar en leef jy daarom met entoesiasme omdat jy sy kind is? Is dit jou opregte begeerte om van ʼn lewende en vrugbare geloof te leef?

Niemand kan iemand dwing om te glo nie. Geen mens kan jou láát glo nie. Dis iets wat net die Gees van God kan doen mits jy Hom toelaat. Vra vandag in besonder dat die Heilige Gees jou elke dag meer en meer van sy verlossende liefde sal oortuig en dat Hy die mosterdsaadjiegeloof in jou sal laat groei tot ʼn reusegeloofsboom.

  • Hierdie oordenking verskyn in deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.