Gedagte vir die dag: Help mekaar

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Julie moet saam met julle volksgenote trek totdat die Here ook aan hulle, soos aan julle, ‘n veilige woonplek gegee het (Deut. 3:20)

“Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie,” het Paulus die gemeente in Rome herinner (Rom. 14:7). Hy praat oor mense in die gemeente wat mekaar veroordeel omdat hulle nie oor alle geloofsake saam stem nie. Die kerk van die Here word maklik verdeel oor dinge wat regtig nie belangrik is nie. Die eenheid van die gemeente, en die kerk as geheel, is vir die Here Jesus baie belangrik (Joh. 17:21). Hy gee ons aan mekaar om mekaar oor alle grense heen te help. Al is ons van verskillende kulture of kerklike tradisies, is ons een groot familie en moet ons mekaar help.

Moses herinner die volk hoe dit gebeur het dat die verowerde gebied oos van die Jordaan die erfgrond van die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse geword het. Die hele volk het geveg sodat hulle dit kon kry, en hulle het toe belowe am saam met die res van die volk te veg totdat al die stamme hulle eie erfdeel gekry het (20). Dit het uiteindelik ook so gebeur Die naam Helpmekaar duik oral in die Suid-Afrikaanse geskiedenis op, van die geskiedkundige dorpie Helpmekaar naby Dundee tot die Helpmekaar Studiefonds wat ontstaan het uit geld wat oorgebly het nadat die burgers wat in die rebellie van 1914-1915 betrokke was, uitgehelp is.

Maar is dit nie ook ‘n baie goeie leuse vir die Christene van vandag nie? Ons moet mekaar se laste dra, in opdrag van Christus (Gal 6:2). Ons is daar vir mekaar!

GEBED: “Here, dankie dat U ons vir mekaar gegee het om mekaar in alle omstandighede te ondersteun. Help ons om dit te doen .”

Bron: Uit die Beek, 2012 -Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie ·

As ons mekaar help en opreg omgee sal dinge beter gaan. Maar mense is geneig om te oordeel, skinder en te verlekker in ander se swaarkry/hartseer/verliese al is dit werk of geliefde wat verlore is. Leef Christenskap uit want dit is nie ‘n skade nie, dit is eerder ‘n voorreg wat ons het. Geseënde dag almal.

UT Mijnhardt ·

Lees tot die einde van Romeine 14 , sien dan : Rome was vol tempels van afgode ,Vleis was daagliks aan die gode geoffer , ons praat van geofferde vleis ,nie “geloofsake” nie (wat dit ook al mag wees .Rom 14:21″ Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.
Rom 14:22 Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie. Rom 14:23 Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.” Bv. moenie bier drink in n man se geselskap wat n drankprobleem het nie ,Ook Kosher en Halaal Die goed is in elk geval so vol chemikalie, eet vars .1Korinthiers_8:4 ” Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ‘n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.” Maak net seker wie” van verskillende kulture of kerklike tradisies, is ons een groot familie en moet ons mekaar help” Jesus se hier in dieselfde hoofstuk. ” Joh 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. “Wie is jy ?Wie is jou God ?Wie is jou naaste ?Wat glo jy? Dan ,Galasiers_6:10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof. ”

GEBED:
Deu_4:10: Vergader ons, U volk , en laat ons U woorde hoor, dat ons kan leer om U te vrees al die dae wat ons op die aarde lewe, en dit aan ons kinders kan leer.,soos U ons bevel het by Horeb .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.