Gedagte vir die dag: Help skep saam aan ‘n nuwe orde

Matteus 5:13-14a – Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.
“Julle is die lig vir die wêreld…..

Wat kan ons doen om Christus ʼn werklikheid te maak vir diegene wat Kersfees so geesdriftig vier met ʼn stal en ʼn krip sonder die hemelse kind daarin? Dalk moet ons sorg dat ons figuurlik gesproke swanger raak met die goeie nuus van Christus se koms as Saligmaker.

Hildegard van Bingen, ʼn non uit die 12e eeu, het geglo die mensdom is vol skeppingsmoontlikhede en dat die mensdom opgeroep word om te help skep aan ‘n nuwe bestel. Die vraag is dus: Wat gaan ons maak met die goeie nuus wat ons ontvang het. Ons het ʼn keuse. Ons kan die smaak van die boodskap verloor deur dit te verwerp as ʼn goddelike waarheid. Ons kan dit selfs doodsmoor deur dit onder ʼn maatemmer te versteek. Of ons kan Christus se teenwoordigheid op aarde sigbaar maak deur die boodskap te saai en om goedheid, genade, liefde en vergifnis in die wêreld voort te bring soos wat Christus ons geleer het om te doen.

Om geboorte te gee aan die boodskap is egter nie ʼn eenmalige gebeurtenis nie aangesien God se boodskap voortdurend vrug dra soos wat die behoefte daaraan in die wêreld toeneem. Ons word geroep om so lank ons leef geboorte te skenk aan die liefde van God in hierdie wêreld. So word elkeen van ons medewerkers aan God se droom en maak ons dit ʼn werklikheid op aarde. As ons dit kan regkry, is dit elke dag “krismis”!

Gebed: Here, dra U ons op die hart, wanneer ons die goeie nuus oor u geboorte uitdra in ‘n wêreld wat U nie eintlik ken of verwelkom nie. Amen

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-’n-dag waardeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.