As ons hoop op dit wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. (Rom 8:25)
Dit is nie vir almal altyd maklik om te volhard in hulle Christenskap nie. Mense verloor soms – om watter rede ook al – hulle lus vir die dinge van die Woord.
Baie keer is so ’n verslapping in jou Christenskap ’n teken van fisieke moegheid. As jy die een afskeep, is dit dikwels net natuurlik dat jy die ander een ook afskeep. Wat doen mense om weer hulle lus vir die lewe en so ook die dinge van die Woord terug te kry? Sommige mense verdiep hulle in sport, ander doen weer inkopies en sommige mense het net ’n bietjie tyd saam met vriende nodig, ander moet net weer ’n bietjie by die viswater uitkom.
Dit is goed om jou batterye te herlaai te midde van ’n dol lewe – veral as ons fisieke moegheid ons daarvan weerhou om ons alles vir die Here te gee. Ons moet egter net altyd onthou dat wat ons ook al doen tot sy eer moet wees. Ons fisieke plesiere mag ons nooit van die Here af weghou nie.
Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Hierdie “gedagte vir die dag” sit die pot geheel en al mis. In die konteks waar hierdie vers staan verskyn die idee van “herlaai jou batterye deur fisiese ontspanning” in geen vorm nie. Boonop is dit ‘n idee wat na my kennis nie in die Bybel verskyn nie. Hierdie perikoop gaan oor die hoop en verlange na die finale verheerliking van die wedergebore kinders van God. Die werk van die Vader(vers 29 en 30), Seun(vers 27 en 29) en Gees(vers 26) word eerder voorgehou as die rede vir die volharding as mens net die paar verse na die teksvers lees.… Lees meer »