Gedagte vir die dag: Herlaai jou batterye

Melkbostrand - Boekevat - Copy - CopyAs ons hoop op dit wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. (Rom 8:25)

Dit is nie vir almal altyd maklik om te volhard in hulle Christenskap nie. Mense verloor soms – om watter rede ook al – hulle lus vir die dinge van die Woord.

Baie keer is so ’n verslapping in jou Christenskap ’n teken van fisieke moegheid. As jy die een afskeep, is dit dikwels net natuurlik dat jy die ander een ook afskeep. Wat doen mense om weer hulle lus vir die lewe en so ook die dinge van die Woord terug te kry? Sommige mense verdiep hulle in sport, ander doen weer inkopies en sommige mense het net ’n bietjie tyd saam met vriende nodig, ander moet net weer ’n bietjie by die viswater uitkom.

Dit is goed om jou batterye te herlaai te midde van ’n dol lewe – veral as ons fisieke moegheid ons daarvan weerhou om ons alles vir die Here te gee. Ons moet egter net altyd onthou dat wat ons ook al doen tot sy eer moet wees. Ons fisieke plesiere mag ons nooit van die Here af weghou nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VerVanRyn ·

Hierdie “gedagte vir die dag” sit die pot geheel en al mis. In die konteks waar hierdie vers staan verskyn die idee van “herlaai jou batterye deur fisiese ontspanning” in geen vorm nie. Boonop is dit ‘n idee wat na my kennis nie in die Bybel verskyn nie. Hierdie perikoop gaan oor die hoop en verlange na die finale verheerliking van die wedergebore kinders van God. Die werk van die Vader(vers 29 en 30), Seun(vers 27 en 29) en Gees(vers 26) word eerder voorgehou as die rede vir die volharding as mens net die paar verse na die teksvers lees. So ook word gebed daar geplaas in vers 26 vir skynbaar geen rede nie, maar dit hou ten sterkste verband met die volharding in die hoop in Christus waarvan ons in vers 25 lees.

Om fisieke moegheid voor te hou as die rede vir jou onlus om die Here te dien getuig van ‘n klein geloof en ‘n oppervlakkige kennis van die Woord. Die probleem lê by ons begeerte om steeds die sondige wil van die vlees na te jaag. Die oplossing lê nie by die verdieping in ontspannende aktiwiteite soos visvang of sport kyk nie. Nee, dit lê by die verdieping in gebed en die kennis van die Woord. Dink jy die apostel Paulus en sy helpelinge het nie besonderse swaar fisieke moegheid gehad nie? Enige iemand wat vandag gereeld reis kan getuig van die eise daarvan op die liggaam en die moegheid wat dit te weeg bring. Paulus se reise het nie so vinnig soos vandag sin gegaan nie en was baie meer uitputend tog het hy nie gesê nie: “Skuus mense, eks bietjie moeg. Ek wil Israel toe gaan en bietjie gaan ontspan en weg kom van al die moeilikheid om ‘n Christen te wees.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.