Gedagte vir die dag: Het jy al gesê: stuur my?

Argieffoto (Foto: Yoal Desurmont/Unsplash)

“Kom nou terug na jou God toe! Tree op met liefde en regverdigheid, en lewe voortdurend met ʼn vaste vertroue op jou God.” (Hosea 12:7)

Skrifgedeelte
Hosea 12:7 (NLV)

Oordenking
Ons almal loop soms weg van God af. Ons doen sonde wat ons laat skuldig voel of ons dwaal bloot weg van Hom omdat ander dinge vir ons belangriker geraak het.

Die boek Hosea vertel die verhaal van Efraim wat presies ook dit gedoen het. Hulle het ooreenkomste met vreemde volke gesluit, op hul eie krag staatgemaak en boonop agter ander afgode aangeloop. Hosea was daar om vir die volk te vertel dat hul wegloop-van-God-af-truuks hulle in ernstige moeilikheid gaan bring en dat Hy sy seën van hulle gaan weerhou. Daarom vra hy hulle om om te draai en terug te kom na die God toe wat hulle so liefhet sodat hulle weer met vertroue en vreugde kan lewe.

Waar is jy op die oomblik? Naby aan God? Aanbid jy Hom met jou hele hart en probeer jy om binne sy wil te leef? Of is jy op die oomblik in ʼn wegloop-tydperk waarin jy dink jy kan min of meer sonder Hom oor die weg kom?

Gebed

Getroue Heer, hier is ek, u wegloopkind wat terug wil kom.

  • Hierdie oordenking verskyn in Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.