Gedagte vir die dag:  Hoe lyk jou liefde?

Sonsondergang - BoekevatGeloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! (1 Kor. 13:13)

Ons teksvers vandag sê vir ons hier op aarde is geloof baie belangrik. So ook hoop en liefde. Maar hoor nou mooi: Wat is die enigste een van hierdie drie wat jy gaan saamvat hemel toe? Jy gaan nie in die hemel geloof nodig hê nie, want jy gaan God sien. Jy het nie hoop nodig in die hemel nie, want dan het alle beloftes waar geword.

Die enigste iets wat vanaf die aarde saamgaan hemel toe is liefde. Ek dink as ons in die hemel kom, gaan ons geëvalueer word volgens hoe ons liefde op aarde was. Ons gaan in die hemel nog steeds liefhê en ons gaan groei in ons liefde en meer kan liefhê; daarom is die belangrikste die liefde.

As jy groot dade wil doen, as jy iets groots vir God wil doen, begin nou met ’n daad van liefde, want dit is die grootste. Kom ons werk daaraan om ’n bietjie beter lief te hê.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.