Gedagte vir die dag: Hou jou oë gerig op Hom

Argieffoto (Foto: Guillaume de Germain/Unsplash)

“Petrus het dadelik uitgeklim en op die water na Hom toe begin stap. Maar toe hy sien hoe sterk die wind is, het sy moed hom begeef. Hy het begin sink. Hy roep benoud: “Here, red my!” (Matteus 14:29-30)

Skrifgedeelte
Matteus 14:29-30

Oordenking
Dit moes vir die dapper Petrus darem ’n wonderlike ervaring gewees het toe hy uit die skuit klim en op die see na Jesus toe loop. Hoe groot en magtig was sy Here nie! En dan? Dan kyk hy weg van sy Meester af en sien hy ewe skielik net die oormag van die golwe om hom. Vreesbevange sink hy terwyl hy skree: “Here, red my!” Nog voor hy onder die water is, is Jesus se hand in syne en red Hy hom.

Dieselfde Here staan vandag gereed om jou deur enige situasie te dra; om jou vas te hou wanneer die wêreld jou wil oorweldig en jou veilig deur al jou lewensgolwe te neem.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here vol vertroue plaas ek my hand in U deurboorde hand….Amen en Amen

Marietjie ·

Dankie troue Jesus dat U ons deur elke seisoen van storms by ons is. U maak nie altyd die storm stil nie, maar U maak ons stil, sodat ons op U kan wag vir uitkoms.
Here, U veg vir ons..ons moet net stil wees. Here en U bring die deurbraak op U tyd en U wil. Here! en wat ‘n wonderlike uitkoms gee U soms. Dit maak ons stom en ons harte staan botstil in verwondering van blydskap! Soos U vir Joshua gesê: “moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan”

Neil ·

@marietjie bitter dankie vir hierdie gebed. Dit is vir my bedoel wat so mismoedig voel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.