Gedagte vir die dag: Iemand groter as die dood

man-with-open-arms-705x335.jpgEk is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. (Joh 11:25-26)

Marta en Maria laat Jesus inderhaas haal. Hulle broer, Lasarus, i
s ernstig siek. Maar Jesus is nie betyds nie. Hy kom vier dae te laat. Lasarus is reeds dood. Marta verwyt Jesus en sê: “As U betyds was, kon U hom gered het, maar nou is dit te laat. Hy is dood en dis verby.” Jesus antwoord: “Marta, jy dink die dood is groter as Ek. Jy het geloof in My gehad solank jou broer nog geleef het, maar nou dink jy selfs Ék kan niks meer doen nie. Marta, Iemand groter as die dood is hier!”

Dit was Marta en Maria se belangrikste les. Niks is te groot vir Jesus nie, selfs nie die dood nie. Toe Lasarus by daardie graf uitgestap het, was dit vir almal duidelik.

Moenie Jesus beperk nie. Hy is nie sommer net iemand nie. Hy is die Heerser van die heelal. Sou daar iets vir Hom te wonderbaar wees? Hy is werklik wie Hy gesê het Hy is.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.