Gedagte vir die dag: In die hande van die Herder

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. (Ps 23:4)

Ons almal weet van die geweld en misdaad in ons land, die gevaar van jou werk verloor, ekonomiese krisisse, noem maar op; so sit ons met ’n ton vrees op ons. Die effek van hierdie vrees is ek leef nie, ek sluit myself toe, ek is so bang om ’n fout te maak, ek is so bang om te waag, ek is so bang om uit te gaan en gehoorsaam te wees aan die Stem.

Vrees beroof jou van alles wat die lewe jou kan bied. Vrees verstop ons geestelike are en hou ’n groot gevaar vir ons geestelike hart in. As jy weet jy stuur af op ’n hartaanval, gaan jy tog alles in jou vermoë doen om dit te vermy. Jy gaan gesonder eet, meer oefen, minder stres. Hoekom doen ons dan nie dieselfde vir ons geestelike hart nie? Hoekom gaan ons nie dadelik na die Here toe met ons vrees en vra Hom om ons daarvan te bevry nie?

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.