Gedagte vir die dag: In die palm van sy hand

Foto: jewelsofencouragement.com

Foto: jewelsofencouragement.com

Kan ’n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer. (Jes 49:15-16)

Wat ons hier het, is beeldspraak, maar dit is heel eenvoudig. Aardse ouers weet hoe intens ’n ouer se liefde vir sy kind is. En dit is regtig iets wat ’n mens eers ten volle besef as jy jou eie kinders het. Dit is ’n verbintenis wat nooit ophou of eindig nie. Jou hele lewe gaan in jou kind in. Dit is absoluut onmoontlik om jou kind te vergeet.

Ek dink partykeer ons snap nog nie heeltemal dié idee nie. Ons wonder so dikwels of die Here nog belangstel waardeur ons gaan. Ons dink die Here weet nie hoe ons voel nie. Maar Hy is reg by ons.

Hy is hiér. Hy sal jou nooit vergeet nie. Hy sê vir jou Hy weet van jou stres, jou seer, wat dit ook al is wat jou bekommer. Dit is onmoontlik vir Hom om nie vir jou om te gee nie of om jou te vergeet. Hy het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.