Gedagte vir die dag: In die storm

Argieffoto (Foto: Fuu/Unsplash)

“Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees.” (1 Korinthiërs 1:2)

Skrifgedeelte
1 Korinthiërs 1:2

 

Oordenking
Toe Martin Luther as vyand van die kerk verklaar is, was hy besig om die Nuwe Testament in Duits te vertaal. Dit is wat die helde van die Here doen; hulle stap selfs dieper in die storm in. Hoe hewiger die geveg, hoe vaster staan hulle op hulle pos.

Martin Luther het besluit om teen die kerk van die dag op te staan en God se pad gekies. In teenstelling met almal het hy hom onderwerp aan die genadegevulde woorde van die Bybel. Sy liefde vir God was sterker as sy vrees vir mense. Dit is waarom hy in 1517 sy 95 stellings aan die kerkdeur in Wittenberg, Duitsland, vasgespyker het.

Lewe jy ook in God se genade? Is jou geloof op Christus alleen gebou? En is sy Woord jou enigste gids?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.