Gedagte vir die dag: In sy voetspore tot in die hemel!

sterre-hemelruim

Foto: Calwaen Liew/Unsplash.com

“Terwyl ons op ons erfporsie wag, kry ons baie swaar hier op aarde. Ons ervaar dieselfde tipe swaarkry as wat Christus beleef het toe Hy nog op aarde was. Maar ons weet dat as ons nou saam met Hom ly, ons ook saam met Hom in heerlikheid in God se nuwe wêreld sal bly” (Romeine 8:17b).

Skrifgedeelte
Romeine 8:17b

Oordenking
Die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie. Hoe wonderlik ons lewe ookal is, is daar mos maar soms dinge wat nié so lekker is nie, wat seermaak, waarmee ons stoei en wat ons selfs met tye kromrug laat loop. Dit is sulke tye wat ons selfs wonder waarom kinders van die Here dit dan nie makliker het nie.

Dit is dán wanneer ons maar net weer moet onthou: Ons loop in die voetspore van Jesus Christus. Ons volg Hom nie net hier op aarde nie, ons gaan ook agter Hom die ewigheid binne. Omdat Hy as mens hierdie aardse reis self geloop het, verstaan Hy ons so goed. Hy weet presies wat ons ervaar, ken ons harte, weet hoe fisiese lyding voel en het groot begrip vir ons menslike swakhede. Die wonderlike is egter ook dat ons ook saam met Hom die heerlikheid van die hemel gaan ervaar. Ja, ek en jy gaan eendag saam met Christus langs die troon van die Vader wees.

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.