Gedagte vir die dag:  Jesus se beloftes

pad_woud_bos_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” (Johannes 20:29)

Tomas weier om te glo dat Jesus werklik uit die dood opgestaan het. Hy dring daarop aan om Jesus met sy eie oë te sien. As Jesus wel voor hom verskyn, bely hy sy geloof op ’n treffende manier. Maar Jesus sê vir hom dat dié mense wat glo sónder om te sien gelukkiger is.

Vra God om jou geloof te versterk sodat jy nie meer sal sê: “Sien is glo” nie, maar vas sal glo, sonder om te sien, dat elkeen van sy beloftes waar is.

Wanneer ek in God glo, weet ek dit moet alles reg wees met my, selfs al is dinge so treurig en verkeerd. ~ Lewis B Smedes

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

Ons moet elke Woord glo wat God gespreek het, beide ou en nuwe testamente. Hy het met Sy koms niks verander teenoor Sy ou testamentiese uitsprake nie behalwe om Sy offer in ons plek te bring as skuldbetaling vir die ewige dood wat eintlik ons erfdeel moes wees.
Is God se Woorde nie vir ons opgeteken as aanhalings deur die profete en die apostels nie, ja ook Mattheus, Lukas en Markus het gaan novors oor wat Jesus gesê het om Sy Woorde pertinent vir ons aan te haal. Die evangelie van Johannes is juis so ‘n kragtige werk omdat Johannes as dissipel so baie direkte aanhalings van wat God sê insluit.
Glo egter nie in Johannes of Paulus of Elia of jou pastoor/predikant nie maar slegs in God. Ja ons is die voorgenoemdes dankbaar vir hul werk maar ons hoop en geloof bly net op God toegespits.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.