Gedagte vir die dag: Jesus vergewe jou sonde

aardePsalm 103:12- So ver as wat die verste punte van die heelal van mekaar af is, so ver, en nog verder, vat Hy ons sondes se straf van ons af weg.

Hoe ver is ver? Ek is baie lief vir die Kaap en ons gesin hou elke daar vakansie. Die ry soontoe is egter nie grappies nie. Dis bie kilometers en baie ure op die pad se konsentrasie, warm kry en moeg word om daar te kom. Dit is vir my ver. Dan het ek so nou en dan die voorreg om ʼn konferensie in die VSA by te woon. Daardie ongeveer 16 ure op ʼn vliegtuig is geen grap nie. Dit is vir my verskriklik ver. God gebruik ʼn nog veel sterker beeld oor wat Hy met sonde doen as Hy ons sonde vergewe. Die ooste en die weste is twee punte wat nooit by mekaar uitkom nie. As jy dus praat van die afstand tussen ooste en die weste verwys jy na ʼn afstand wat aanhou en aanhou en uiteindelik oneindig is. Nou ja, God verwyder ons sondes oneindig ver van ons. Weereens, praat van genade en praat van liefde. Dis onverdiend en in ʼn groot mate onverstaanbaar. Dis egter die waarheid: As jy met ʼn opregte hart van berou tot God nader met jou sondes is sy opregte reaksie uit genade en liefde om dit van jou weg te vat – oneindig ver. Hy dink nooit weer daaraan nie. Hy was jou skoon en herstel jou volkome. Hy maak jou nuut. Hy maak jou vry. Hy was jou skoon.

Voordat ons die vrede van vergewing kan aanvaar, moet ons eers die pyn van berou erken. – Robert M Herald

Gebed: Here, hoe sal ek U ooit genoeg kan dank vir u liefde en genade? Hoe sal ek U ooit genoeg kan loof vir ʼn tweede kans? Ek kom met ʼn opregte hart van berou en vra: Was my skoon, Here. Vergewe my asseblief.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

j.j.els ·

Die grootste geskenk aan ons as mense!!!! Dankie Vader dat U,U Seun vir ONS sondes laat betaal het. AMEN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.