Gedagte vir die dag: Jou Bruidegom kom

Argieffoto (Foto: Benjamin Voros/Unsplash)

“Laat ons vrolik feesvier. Laat ons uitbundig van vreugde oorloop. Laat ons vir almal vertel hoe groot en belangrik God is. Ons het goeie rede. Die troudag van die Lam is hier! Sy bruid het haar pragtig reggemaak” (Openbaring 19:7).

Skrifgedeelte
Openbaring 19:7

Oordenking
Daar is min dinge wat ʼn aanstaande bruid onaangeraak laat wanneer sy haar vir haar huweliksdag voorberei. Sy dieet, begin selfs oefen, laat groei of stileer haar hare, gaan vir gesigsbehandelings en doen alles in haar vermoë om op haar heel mooiste te wees wanneer sy by die paadjie afstap. Voor die tyd sien sy as’t ware hoe sy stylvol by die kerk instap, die mense haar bewonder en hoe haar skoonheid haar bruidegom se asem wegslaan.

Jy, as verloste, is ook ʼn bruid. Die bruid van die ewige Bruidegom: van die Een wat vir ons gebore is, gesterf het en wat lank reeds ons hemeltuiste vir ons gaan voorberei het. Ons status as bruide het Hy verseël deur sy Heilige Gees vir ons te stuur. Ons kan weet dat Hy vir ons wag omdat die Gees – ons Verloofring – ons elke dag herinner aan ons verbondenheid aan Hom.

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.