Gedagte vir die dag: Jy dien ʼn almagtige God

Psalm 89:10,12 – U is in beheer van die see met sy onstuimige golwe. U laat hulle bedaar. U het alles gemaak. Dit is U sin.

Ek het die grooste waardering vir mense wat skeppend is en interessante dinge kan maak. Ek was so ʼn tydjie terug in die Bosveld en daar het iemand my na ʼn man gevat wat boë maak. Jy kan jag met so ʼn boog en ʼn bok daarmee skiet. My mond het oopgehang – wat ʼn tydsame proses om so iets te maak! Ek en jy jaag so deur die lewe dat ons baie keer God se wonderlike skeppingswerk mis. Ons mis baie keer dat Hy die almagtige skepper-God is. Ek “raas” altyd met die Kapenaars dat hulle nie die see, die branders en die rotse genoeg waardeer nie. Ek “raas” met die Mpumalanga- mense omdat hulle nie die berge en asemrowende natuurskoon genoeg indrink nie. Kyk vir ʼn slag om jou met die doel om jou te verwonder aan jou almagtige God se skeppingswerk en sy groot almag. Hy het alles gemaak en Hy hou alles in stad. Jy sal verbaas wees oor wat jy alles raaksien. Jy sal in verwondering staan oor elke brander, klip, berg, rots, wolk, blou lug, ster, son en maan – jou almagtige God en Vader het dit alles gemaak. Loof Hom!

God se wese is so onbegryplik groot dat ons sintuie nie ten volle sy majesteit kan waarneem nie. – Johannes Calvyn

Gebed: Here, U is groot en almagtig. U is die skepper van die hemel en die aarde. U het alles gemaak en U hou alles in stand. Ek loof U, grote God.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jjels ·

Almagtige Vader, ek loof en dank U vir alles wat U so asemrowend geskep het!.Amen!

H J Bester ·

Ons is so bevlek met sonde dat ons die grootheid van God nooit ooit sal kan deurgrond nie. Maar gelukkig vir die mensdom, bied God ons sy genade en wek hy in ons die geloof deur die Heilige Gees – hoe wonderlik tog !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.