Gedagte vir die dag: Jy kan alles met die Here deel

tevredePsalm 142:2-4 – Ek bid ernstig tot die Here. Ek pleit dat Hy my jammer moet kry. Ek kla by Hom. Ek sê vir Hom wat my probleme is. As ek moed opgee, sal U weet wat vir my die beste is. Mense wil my laat struikel en val.

Soos ʼn mens deur die lewe gaan, raak jy al hoe meer bewus daarvan dat jy sekere dinge net vir sekere mense kan sê. Jy moet mooi kies vir wie sê jy wat. Daar is min mense teenoor wie jy baie eerlik kan wees en doodgewoon jou hart uitstort. Doen jy dit teenoor die verkeerde persoon gaan jy dalk skeef aangekyk word asof daar fout is met jou. ʼn Mens sukkel maar om mense te kry wat jou aanvaar net soos jy is en by wie jy veilig voel om eerlik en opreg jou hart te kan uitstort. Dis die wonderlike van God. Hy ken in elk geval jou hart. Hy weet alles wat aangaan in jou lewe. Hy wag dat jy Hom sal vertrou met alles in jou lewe. Teenoor God hoef jy dus nie terug te hou nie. Hy wil hê jy moet ongenaakbaar eerlik wees en alles wat in jou lewe aangaan en gebeur met Hom deel. Wat krap jou om? Wat krop jy op? Waaroor is jy ontsteld en ongelukkig? Jy kan tot die Here nader.

Gebed is die magtige wapen wat God sy kinders gegee het om in ʼn wêreld van kwaad, onreg en pyn te oorleef. – J Sidlow Baxter

Gebed: Here, dankie dat ek U met alles in my lewe kan vertrou. Dankie dat ek my hart teenoor U kan oopmaak.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.