Gedagte vir die dag: Kies reg

Argieffoto (Foto: Junior Reis/Unsplash)

“Daar is net een ding wat regtig saak maak: om God te ken. Maria weet dit. Daarom het sy die regte keuse gemaak. Niemand sal dit ooit van haar kan wegvat nie” (Lukas 10:41).

Skrifgedeelte
Lukas 10:41

Oordenking
Sjoe, hierdie woorde van Jesus moes nogal aan Marta se hart geruk het. Was sy dan nie die een wat alles in haar vermoë gedoen het om diensbaar te wees nie? En nou sê Jesus vir haar dat haar suster – wat aan Jesus se voete gesit het – eintlik die beter keuse gemaak het. Dat tyd by Hom ewigheidswaarde het!

Ek en jy weet hoe dit voel om gedurig ʼn lys van verpligtinge te hê en altyd in sewende rat te beweeg. Maar luister vandag weer wat Jesus vir ons sê: “Moet nooit so besig wees dat jy nie tyd het om by My stil te word nie. Want dit wat Ek vir jou gee, is vir altyd!”

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.