Gedagte vir die dag: Kniel om te bid

bid_kniel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

“Jesus het Hom toe van hulle afgesonder, ongeveer ’n klipgooi ver. Daar het Hy gekniel en gebid.” (Lukas 22:41)

Skrifgedeelte
Lukas 22:41 (NLV)

Oordenking
ʼn Mens se liggaam raak betrokke by gebed wanneer dit ʼn spesifieke gebedsposisie inneem. Wanneer iemand bid, kniel sy liggaam en gees voor God. Die houding tydens gebed is baie belangrik.

In Getsemane was ons Here gebroke toe Hy gebid het. Wanneer ʼn mens getrou en opreg bid, sal die liggaam ʼn houding inneem wat pas by die toestand van die siel op daardie oomblik. Op hierdie manier sluit die liggaam by die siel in gebed aan.

Gebed

Here, my siel wil U behaag wanneer my liggaam voor U kniel in opregte gebed. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.