Gedagte vir die dag: Kom rus

Foto: flowercampings.com

Foto: flowercampings.com

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. (Matt 11:28)

Is dit nie ’n wonderlike uitnodiging wat Jesus hier aan ons rig nie! Vir baie mense voel hulle laste so oorweldigend. Dit voel vir hulle of hulle nie meer een tree verder kan gee nie, want die dinge van die lewe gaan hulle heeltemal versmoor.

Jesus sê egter vir ons om alles wat ons pla en oorweldig vir Hom te gee. Hy sal dit vir ons dra. Hy sal dit op sý skouers neem en ons daarvan bevry.

Moenie dat iets jou keer om laste aan Jesus oor te gee nie. Nêrens vind ons ’n wonderliker uitnodiging as juis hierdie een nie. Jesus wil nie hê ons moet belas en uitgeput deur die lewe gaan nie. Hy nooi ons om alles wat ons pla voor sy voete neer te lê.

Het jy al jou laste vir Hom gegee en die vryheid gevoel van ’n God wat waarlik vir ons omgee, of sukkel jy nog om te laat gaan?

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.