Gedagte vir die dag: Kry jou krag by God

gemsbok en duineMag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. (Kol 1:11)

Hoekom moet God vir ons krag gee? Sodat ons siekes kan gesond maak? Dooies kan opwek? Sodat ons kan praat en profeteer en dit word waar? Maar hoor wat sê Paulus: Sodat jy in alle omstandighede kan volhard. Ons is baie keer in die versoeking om te dink die krag gaan vir ons eie eer en glorie aangewend word. Maar dit is nie wat die Here vir ons sê nie – hoe meer ons volhard in ons geloof, hoe nader kan ons aan Hom groei.

Dit is tog die belangrikste rede. As ons volhard en só geestelik fiks word, kan ons soveel meer vir die Here bereik. Ons moet ingeskakel word en ingeskakel bly by die krag. Dis waarvoor God vir ons sy Heilige Gees gee. Dis waarvoor Hy vir ons die dissiplines gee. Hy gee vir ons alles wat ons nodig het om ingeskakel te bly, want hier lê die lewe, die sukses: Hoe nader ons aan God groei en sterker word in ons geloof, hoe meer kan ons in die wêreld beteken.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.