Gedagte vir die dag: Kyk anders na mense

h07-cross_sunset-10Hand 10:15 – “Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie”.

“Nou goed, Jesaja, jy kan maar hier op my plaas vir die plaaswerkers kom dienste hou,” sê die knorrige ou boer in die diep apartheidsjare, “maar ek wil darem vir jou sê, as ek eendag in die hemel kom en ek kry swart mense daar, dan vat ek my hoedjie en loop.” (Hy het natuurlik ‘n ander woord vir swart mense gebruik!) “Ai Meneer,” was evangelis Jesaja se wyse antwoord, “dan kry ek jou baie jammer, want in die plek waarheen jy dan gaan, is daar eers swart mense!”

Petrus moes dieselfde boodskap leer. Vir God gaan dit nie oor kultuur of volk nie. Jesus het gekom sodat alle volke, tale en nasies gered kon word. Petrus het toe nog gedink die evangelie is net vir die Jode. Sy kop moes nog geswaai word sodat hy mense soos God kon sien. Daarom het die Here met hom begin werk deur hierdie visioen wat hy op die middag gesien het terwyl hy besig was om te bid. Dieselfde visioen van die onrein diere kom drie maal na hom toe, om dit duidelik te maak dis nie net ‘n droom nie. Dis ‘n boodskap uit die hemel: Jy mag niemand onrein ag nie.

Baie van ons sal kan getuig hoe die Here ook met ons oor hierdie saak gewerk het. Een leraar vertel dat hy nou die dag geseën is toe hy beroof en sy motor geskaak is toe hy sy huishulp gaan aflaai het. Die mense wat vir hom omgegee het, wat die polisie op eie koste gebel het, wat hom beskerm en skuiling gegee het en hom bemoedig het, was swart mense uit daardie omgewing. Hy het geleer dat die boewe maar ‘n klein minderheid is, en dat die meerderheid nie met hulle saamstem nie.

Gebed: “Here, help my om my vooroordele te oorkom en om alle mense soos U te sien.”

Bron: Uit die Beek – Attie van Wijk

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SY de WET ·

More More . Handelinge 10:15 En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie. LW . Rein gemaak . Heelparty sulke ,noem dit maar foutjies het ingesluip met die laaste klompie vervaalings . Ons oudste Afr Bybel het alreeds verskeie foute in , hetsy met opset daar ingebou of moontlik omdat daar maar nou net nie Afrikaanse woorde was vir dit uit die oorspronklike tale uit nie .Waar in die Bybel staan daar dit gaan nie om n spesifieke volk nie . Die vrou wat Hy vir hom uitgekies het by die berg is nog daardie vrou . Hy het net intussen vir haar en slegs , haar , sondes gesterf Die hoogste offer gebring uit liefde vir haar Lees die offerwet ; Dit doen jy slegs vir n familielid ..Die God van die Bybel het nie intussen besluit hy hou nou van n klompie ander vrouens ook nie . . Ek geniet die grappie , maar sedert ek die’ Boek lees het ek nog nie gesien waar staan ,ons gaan Hemel toe nie . Ons vra dan “Laat U koningkryk kom …” Waarnatoe ? Ek het al gelees van hoe dit op die aarde gaan wees wanneer God se koningkryk op aarde is en dat die manne van die Bybel “ontslaap het” en “by hul vaders versamel is ” , Daniel sal bv ook dan in die stof slaap .Dis Cult-o-lieke lering . Rein maak is n tema wat ons moet naspeur sommer vroeg in die Bybel om te sien hoe EN vir wie Hy dit doen .Php_1:27 Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie, Ons het dalk nog nie die evangelie van die koningkryk gehoor nie , maar kom ons begin ons waardig gedra .
GEBED : HERE U het gese in Lukas een ,U sal ons verlos van ons vyande , HERE ons gaan swaar gebukkend onder die juk van verdrukking , HERE verlos ons van ons vyande. U het ook gese in Jesaja twee en sestig dat die wat U herrinner aan U beloftes moenie rus nie . HERE U het belowe . Verlos ons in JESUS naam . Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.