Gedagte vir die dag: Laat dinge in sy hande

Argieffoto (Foto: Neom/Unsplash)

“Wat sal gebeur, is dat Ek hulle omstandighede weer normaal sal maak soos dit tevore was. Hulle sal weer in rus en vrede in hulle land bly. Ek sal mooi versigtig met hulle werk” (Jeremia 33:26 – [DB]).

Skrifgedeelte
Jeremia 33:26 (DB)

Oordenking
Is jy ook een van daardie mense wat vir God probeer help? Is jy so gewoond daaraan om altyd in beheer van alles te wees dat jy dink God het ook jou hulp nodig? Daarom maak jy jouself moeg om dinge ánders, vinniger en beter te laat gebeur. Jy kwel jou dood oor môre en rol in die nagte rond om die regte antwoorde te kry.

Stormie Omartian sê: Daar was soveel kere in my lewe dat ek my moeg gemaak het met pogings om God te help om my te kry waar ek gedink het ek behoort te wees. Maar hoe meer ek geleer het om die almagtige God van die heelal te prys, hoe meer kon ek agterkom dat sy krag in my lewe aan die werk was.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ek U 100% kan vertrou…dat U my sit en my opstaan ken…U weet alles….my gisters my vandag en my more… Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.