Gedagte vir die dag: Laat God jou hart ondersoek

Foto: notonthehighstreet.com

Foto: notonthehighstreet.com

Psalm 139:23,24 – God kyk of U my kan vertrou. Toets my gesindheid. Kyk of ek eerlik is. Help my op die regte pad. Hou my weg van verkeerde dinge.

Ek is seker jy het al sekere intieme dinge in jou lewe vir mense vertel net om agter te kom die persoon het dit aan iemand anders oorvertel. Dis nogal baie sleg as jy iemand vertrou met iets persoonliks en die geheim kom uit. Dank Vader weereens vir God. Dankie vir ʼn Vader wat enige tyd daar is om na jou geheime en baie persoonlike, intieme ding te luister en jy kan weet dis in veilige hande. Hy is die een Persoon vir wie jy kan vra om jou hart te ondersoek en te toets of jy Hom werklik vertrou. Hy is getrou en Hy sal vir jou wys waar jy kan of moet verander en ook die terreine waarop jy moet groei. As jy Hom faal, sal dit nie op straat beland nie. Jy sal nie een groot pak slae ontvang of argwaan ontlok nie. Nee, Hy sal jou met deernis help en lei. Hy is jou Vader en jy is sy kind. Vertrou Hom met jou Hart en vra Hom om jou hart se gesindheid te ondersoek.

ʼn Lewe sonder selfondersoek is nie werd om gelewe te word nie. – Sokrates

Gebed: Grote God, ek kies om my hart oop te maak en U met alles in my hart te vertrou. Toets my gesindheid, Here. Kyk of U my kan vertrou.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.