Gedagte vir die dag: Leef met selfbeheersing

Argieffoto (Foto: Benjamin Voros/Unsplash)

“Julle moet julle lewe deur die Heilige Gees laat beheer. Laat Hy aan die stuur staan van alles wat julle dink en doen en sê” (Galasiërs 5:16)

Skrifgedeelte
Galasiërs 5:16

Oordenking
Vir weke verloop ons lewe seepglad. Ons voel in beheer van ons emosies en kry dit reg om in vrede en liefde met ander te leef. En dan, op ʼn dag, voel ons eenvoudig net nie goed oor onsself nie, loop dinge onverwags skeef en het ander die vermoë om ons verkeerd op te vryf. Dit is dán wanneer ons summier spreekwoordelik “ons speelgoed uit die kot gooi”. Ons verloor ons humeur, sê die verkeerde dinge en tree op maniere op waaroor ons later skaam en spyt is.

Wanneer dit ons opregte begeerte is om in vrede en liefde met ander te leef, is sulke uitbarstings vir ons vernederend en sleg. Ons weet mos ons het dan buite God se wil opgetree en in die proses skade aangerig.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marie ·

N.a.v vanoggend se Gedagte vir die dag – Leef met selfbeheersing se boodskap was presies net vir my! Ek het gister gegly en myself verskriklik teleurgestel. Ek het by ons Here bely maar voel nog steeds goor omdat ek toegelaat het dat my sondigheid die oorhand oor my kry…..ek is in die bek geruk en sal nie sommer vergeet nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.