Gedagte vir die dag: Lewe die liefde

kruis - boekevatNiemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons. (1 Joh 4:12-13)

Hierdie versie stretch jou om jou mense lief te hê soos Jesus liefgehad het. Dit bevat iets baie moois, want Jesus sê as ons mekaar liefhet, sal mense sien dat ons kinders van God is.

Weet jy wie is die belangrikste in my lewe wat dit moet weet? My kinders. Dit is maklik om elke Sondag op die kansel te staan, maar my kinders sien nie Jesus-liefde wanneer ek preek nie, hulle sien Jesus-liefde in hoe ek hulle en hulle ma behandel.

Baie predikantskinders wil niks met die kerk of die Here te doen hê nie. Is dit dalk omdat pa een liefde van die kansel af gehad het en ’n ander liefde by die huis? Baie ouers is elke Sondag in die kerk, maar hulle kinders wil niks van die evangelie weet nie, want dalk is dit een liefde Sondae en ’n ander liefde deur die week. Ons moet só lewe dat almal altyd Jesus se liefde in ons lewe kan sien.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.