Gedagte vir die dag: Lewe in die lig

ligWat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? (Rom. 8:31)

Dit is soms baie maklik om ons oog van die Lig af te haal, veral as ons in die media hoor hoe sleg die wêreld is en dat God eintlik nie meer in beheer is nie. Dan kyk ons in ons vrees vas en skrik ons vir ons eie skaduwee. Ons weet ons moet dit nie doen nie, maar tog doen ons dit.

Die raad is eenvoudig: Kyk net na die Lig. Hoe dieper jy in die Lig ingaan, hoe verder is jy van die skaduwee af. Dit is wat Romeine 8:31 vir ons sê. God is aan ons kant, so wie kan dan ooit teen ons wees? Ons aardse vrese is vir God niks, Hy is en bly in beheer van die ganse skepping. Hy is altyd daar vir ons, Hy is lief vir ons en is die antwoord op al ons vrese.

So wanneer jy weer in die skaduwee vaskyk, dink aan hierdie vers van vandag. Onthou hoe lief God jou het en hoe Hy altyd by is jou en jou beskerm.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.