Gedagte vir die dag: Maak staat op sy sorg

Argieffoto (Foto: Nathan Mcbride/Unsplash)

“As julle die Here werklik liefhet en Hom met oorgawe dien, sal Hy altyd reën op die regte tyd stuur. Jy sal lente- sowel as somerreëns kry, sodat jy genoeg koring, wyn en olie sal hê. Julle sal almal eet en drink en versadig wees” (Deuteronomium 11:13-15).

Skrifgedeelte
Deuteronomium 11:13-15

Oordenking
Soms, wanneer ʼn mens oor die toekoms dink, trek jou keel toe. Want oor môre kan ons duisend keer vra: “Wat ás … ?” Geloof is uiteraard om God te vertrou vir ons redding en die ewige lewe maar ons Vader wil ook hê dat ons Hom vir die alledaagse sal vertrou. En jy kan maar! Jy kan in die droogtetye van jou lewe aan Hom vashou in dié wete dat Hy op die regte tyd reën sal stuur. Wanneer jou hart wil vries oor die koue en harde wêreld waarin jy leef, kan jy gerus bid dat Hy sy sagte genade-jas om jou sal vou.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.